Verlede maand
Stigting beplan aan ’n Kersfeespaartie
VAT VERHOOG: Lisa Petersen gaan optree.  ~ Foto Verskaf

PASTOOR Winston Fortuin het sy Winston Fortuin Founda­tion gestig om gemeenskappe deur opheffingswerk te bemagtig.

Fortuin se stigting beplan nou ’n lekker Krismispaartie.

“Oral waar ons gaan, wil ons ’n seën wees en siele vir die Koninkryk wen,” sê Fortuin.

“Ons hoop is in Jesus alleen. Hy sal ons nooit begewe of verlaat nie. Hy is altyd daar en hoor ons gebede as ons Hom aanroep in tye van nood.

“Ek verklaar in die Kerstyd dat God jou anker mag wees. Hou vas aan sy liefde, wat geen einde het nie.”

Fortuin wei uit hy weet vir seker alles sal ten goede uitwerk.

“Ons plaas ons vertroue in Hom alleen wat nooit teleurstel nie. Ek is tot alles in staat deur die Here wat my krag gee.”

Die paartie vind van 12:00 op 19 Desember by die NPO Youth Solutions Africa in Zonnebloem plaas. Die gaskunstenaars is Lisa Petersen en John Visagie en die gasspreker is past. Karen Victor.

John Philmon is die gasheer.

Kontak Fortuin gerus by 071 255 2008 of e-pos na winstonfortuinfoundation­@­gmail.com.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters