7 maande gelede
Staan sterk en maak staat op sy beloftes
Father Calvyn Frans  ~ Foto Verskaf

HIERDIE Godsman van die Anglikaanse Kerk St. Alban in Pacaltsdorp, George, bring vandeesweek vir ons die Woord uit Joshua­ 1:1-9.

“NÁ DIE dood van Moses, die dienaar van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun en assistent van Moses, gesê: ‘Moses, my dienaar, is dood. Maak jy nou gereed en trek deur die Jordaan­rivier­, jy en hierdie hele volk.

‘Gaan na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee.

‘Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom. Van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees.

‘Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou ook wees.

‘Wees sterk en vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met ’n eed aan hulle voorvaders beloof het.

‘Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan.’ ”

Wat in ons lewe maak dat ons wil aangaan?

In ons voorgehoue teks is dit die beloftes van God wat Josua motiveer.

Hy volg in die voetspore van Moses, God se dienskneg.

Dit moes by tye seker moeilik vir Josua gewees het.

Moses was by toe God die plae gestuur het en ook waar die Rooisee in twee verdeel het.

As ons God gaan dien, sal ons moet leer om Hom en sy beloftes aan ons te vertrou.

So, jou motivering hierdie jaar moet wees die beloftes van God. Hy sê ons moet sterk staan en belowe dat Hy ons sal seën waar ons ons voete sal plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters