4 maande gelede
Spesiale reeks dienste ’n kans vir geestelike verryking
GODSMAN: Dominee Franco du Toit is bly dat die kerke se deure weer oop is.  ~ Foto Verskaf

DOMINEE Franco du Toit van Ashton glo in hierdie onsekere tye het ons nog die blye ver­sekering dat God steeds in beheer is.

Die Godsman sê hy is verheug dat die kerk weer bymekaar kan kom nadat hulle aanlyn moes dienste hou.

“Ek het weereens besef Hy verlaat sy kinders nooit nie.

“Dit was moeilik en ons geloof is in die grendeltyd getoets, maar in tye van benoudheid was God ’n skuilplek en rots op wie ons kon bly vertrou.

“Daar het ’n groot behoefte ontstaan vir samekoms en ons is dankbaar dat die kerk se deure weer oop is.

“Ons is opgewonde om die dienste te hou waar ons lof en aanbidding aan die Here wil bring wat ons deurgedra het in hierdie tyd.

“Maar dit dien ook as geestelike verryking wat ons siele sal verkwik.”

Die Verenigende Gereformeerde Kerk in Gardeniastraat 50, Ashton, bied sedert 27 April ’n reeks spesiale dienste aan. Dit duur tot Sondag 2 Mei.

Die gasspreker is past. Warren Plaatjies. Die gospelsanger Gregory Noble sal die praise and wor­ship lei.

Vrydag- en Saterdagaand begin dienste om 19:00 en Sondagoggend s’n begin om 10:00.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters