25 dae gelede
Shernell wil motiveer
WOEKER IN LOCKDOWN: Shernell Meyer het haar eerste enkelsnit, “Smile”, uitgereik.  ~ Foto Verskaf

DIE lockdown het die wêreld vir ons almal kom verander.

Vir Shernell Meyer van Kuilsrivier het dit tyd gegee om aan haar eerste enkelsnit, “Smile”, te werk.

“Dis die begeerte van my hart dat die lied die harte wat dit raak, nuwe krag en hoop sal gee.

“Ongeag ons situasie, weet die Here gee uitkoms op die regte tyd.

“Dit was ’n voorreg en plesier om in die ateljee te werk en musiek te maak met die vervaardiger Ethan Niekerk.”

Shernell is ook dankbaar vir die ondersteuning wat sy kry van haar familie, veral haar man, Hayden.

Sy noem sy wil ander motiveer: “As jy getrou is in die klein dinge, sal die Here vir jou vele meer op sy tyd byvoeg.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters