5 maande gelede
Sangeres gee alle eer aan die Here
dankbaar: Gloria Prins sê die genade van die Here het haar deurgedra.foto verskaf  ~ 

“EK IS ’n gewone plaasmeisie wat groot drome het en ek het geleer dat wat jy insit, sal jy uitkry. Só vertel die gospelsangeres Gloria Prins.

“Ek het altyd aan ’n minderwaardigheidskompleks ­gely en was baie skaam. Maar deur my optredes en my man se aansporing het die ­Here my opgetel en herstel.”

Prins is ­gelukkig getroud en ge­seënd met twee seuns en ’n ­dogter.

As sy nie op die verhoog is nie, spandeer sy en haar gesin gehaltetyd op die plaas.

Prins wei verder uit: “Die meetsnoere het vir my op lieflike plekke geval. Dis ­hoekom ek die lied ‘Berei die Weg van die Here’ geskryf het.

“Toe niemand vir my kans gesien het nie, was dit die Here se ­genade wat my deurgedra het.”

Haar album met dieselfde naam is in Junie 2019 uitgereik en dis nou tyd vir nuwe musiek. Sy beplan ’n live opname in 2022.

“Die ander nege liedere op die ­album is van my gunsteling-gesange. My hartsbegeerte is dat my ­musiek lewens­ sal verander .

“God het vir my deurgekom en al die lof en aanbidding kom Hóm toe.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters