19 dae gelede
Sanger se musiek vir hom ’n bron van krag
Toegewyd: Percy de Villiers (24) se ster skitter helder. foto verskaf  ~ 

“DIE Here gee sy grootste oorloë vir sy sterkste sol­date.”

Só vertel die gospelsanger Percy de Villiers van Oudtshoorn wat onder moeilike omstandighede sy LLB- en honneursgraad in die regte verwerf het.

“Ek kan onthou daar was baie tye toe ek honger skool toe moes gaan en selfs iets by die bure moes gaan vra. Moet nooit toelaat dat jou omstandighede jou agterhou van dit wat jy wil bereik nie, want alles is moontlik as jy jou vertroue in die Here plaas.”

Hy deel sy grootwordjare met ons: “Ek was elke dag blootgestel aan dwelmmisbruik in my gemeenskap, maar ek het ’n ’n besluit geneem dat ek my familie eendag ’n beter lewe wil gee.

“Die swaar tye in my lewe sien ek as boustene. Onlangs het ek met my kollega by die werk gesels en hy het gesê hy sien dit as goed en leer lesse daaruit.”

Meester

“My sang en musiek is my bron van krag. Dit het my ook gehelp deur my depressie. Vandag is ek gesond.

Hy sê daar is altyd lig aan die einde van die tonnel.

“Droom die onmoontlike en die onbereikbare. Jy is die meester van jou eie drome en jy kan dit verwesenlik.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters