Verlede maand
Sanger reik boek uit
KUNSTENAAR: Kevin Booysen het onlangs ’n boek uitgereik.  ~ Foto Verskaf

“IN 2016 het ek rock bottom bereik in my lewe. Dit was ’n gevoel van angs en kommer.”

Só vertel die musikant en pastoor Kevin Booysen van die gewilde groep Dumisani.

Booysen het onlangs ’n boek getiteld Deurbraak uitgegee.

“Toe alles wanhopig was, kon ek na die Here gaan en Hy maak toe my storm stil.

“Hierdie wêreldwye grendelperiode het baie uitdagings aan ons gebied.

“Baie het hul ritme van die lewe verloor en dit het ’n uitwerking van bankrotskap, gebrokenheid en selfs die dood gebring.

“Dit is beide geestelik en natuurlik en nou is die vraag: Gaan ons herstel?”

In Booysen se nuwe boek sal jy die antwoorde vind.

Hoop

Hy sê dit is geskryf sodat ons vryheid en vrede kan aanvaar in dié tyd.

“Baie van ons bevind ons op moedverloor se vlakte.

“Daarom wil ek my beginsels met die wêreld deel, want daar is nog steeds ’n uitkoms en hoop.”

Booysen vertel verder dat daar so baie dinge is wat in die grendeltyd herstel is.

“Jy het jouself herontdek deur introspeksie te doen.

“My liefde vir skryf het ook weer vlamgevat in dié tyd en daarvoor is ek dankbaar.

“Ek is so dankbaar dat ek nog aan die kant van die lewendes kan wees. Daar waar nog lewe is, is hoop geloof en liefde.

“Nes Paasfees gaan ons ook Kersfees ingeperk wees weens die reëls en regulasies.

“Maar dit laat ons weer besef dat Jesus die regte rede vir Kersfees is.

“Laat ons veilig wees en die Here se geboorte vier.

“Die onmoontlike dinge raak moontlik by Hom.”

Kontak Booysen by 076 171 2318 vir verdere inligting.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters