7 maande gelede
Ryan reg vir show
SANGERS: August West en Gerty Ryan tree op 28 Maart in die Bellville Civic Centre op.  ~ Foto Verskaf

GERTY Ryan van Klapmuts tree volgende maand in ’n konsert op, maar vir dié “gospel-mamma” kon dinge so anders gewees het.

“Dis net die Here wat my staande hou,” sê Ryan nadat sy ’n operasie in Desember moes ondergaan.

Sy vertel: “Ek het so uitgesien na Kersfees, maar die volgende oomblik beland ek in die hospitaal.

“Dis daar, in dié tyd van my stryd en seer, waar ek besef het die lewe is kort en dat ons reg met mekaar moet leef. En sorg dat jou verhouding met die Here reg is.

“Die Woord sê: ‘Roep my aan in jou benoudheid. Die Here sal jou uithelp, maar jy moet hom eer.

Beweeg

“My siekte het my lewe tot stilstand geroep en ek het tot die besef gekom wat regtig belangrik is.

“Ek kon nie beweeg van die pyn nie, maar die Here bly die Here.

“Toe ek daar lê het dit my bygekom – as ons nie ons dinge in die Here beplan nie, is alles tevergeefs.

“Ek dank God vir die pad van genesing, want laat ons wandel in vergifnis en liefde en doen wat verwag word van ons.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters