Verlede maand
Rus in vrede, ouma Lilly
Gelief: Jeremeo le Cordeur sê die nalatenskap van Ouma Lilly sal sommer nog baie lank voortleef.  ~ Verskaf

‘OUMA was ’n sterk vrou. Sy was bang vir niks en haar hande het vir niks stilgestaan nie.”

Só vertel die akteur Jeremeo le Cordeur (33) van Wellington nadat hy dié week sy geliefde ouma Lilly aan die dood afgestaan het.

Jeremeo is onlangs in Arendsvlei gesien.

Lydia Truter (96), beter bekend as Ouma Lilly, het Sondag haar stryd teen demensie verloor.

“Ek sal haar altyd onthou as die ouma wat altyd ’n bottel Borstol gereed gehou het as ons siek was of ’n besemstok om mense vas te vat en vinnig uit te sort,” vertel Jeremeo.

“Elke vakansie wanneer ons by ouma gekuier het, hoef ons nooit bekommerd te gewees het nie, want sy het altyd gesorg vir ’n warm maaltyd en ’n warm bed, veral as ons siek was. Die bed waarin ál my nefies en niggies geslaap het.

“Ons het geweet daar wag ’n parcel vis en chips of ’n paar bacon chips om ons te bederf.

“Die shopping trips was altyd n avontuur, veral as ons in Lady Grey-straat by Edgars gaan klere koop vir kerk.”

Hy sê die kerk en hul geloof het ’n baie belangrike rol in hul huis gespeel.

Kreatief

“Ouma Lilly het altyd geglo in die werklikheid van God en gebed wat krag dra.

“My ouma was my rolmodel en sy het my baie geïnspireer om kreatief te wees.”

Ouma Lilly en haar kunstenaar-kleinseun het diep in die hart ingekruip van mense wat hul video’s gekyk het.

Hul video’s was só gewild dat hulle selfs verlede jaar ’n prys op die nasionale kunstefees in Makhanda gewen het.

Jeremeo sê hy sal sy lief­like ouma Lilly altyd in sy hart koester.

“Ek probeer altyd om vas te hou aan die maniere en waardes wat my ouma my geleer het.

“My geloof in God dra my in hierdie tyd. Alles gebeur met ’n rede.”

Rus sag, ouma Lilly.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters