3 maande gelede
Ruiters se nuwe lied kom uit die hemel
MUSIEKMAN: Clayderman is baie opgewonde oor sy nuwe single “Everything”.  ~ Foto Verskaf

CLAYDERMAN Ruiters is in Heideveld gebore, maar hy het in Mitchells Plain grootgeword.

Vandag is dié musikant opgewonde oor “Every­thing”, sy nuwe single, wat hy beskryf as ’n opgewekte en happy song. “Dit gaan jou laat jubel en juig.”

Ruiters vertel hy het in die mall gesit en musiek luister toe hy van die beat hou.

“Ek het toe die musiek­regisseur Edward Herman gekontak en gevra om ’n beat vir my song te skep.”

Sy inspirasie vir “Every­thing” spruit uit sy stryd met Covid-19.

Hy bieg: “Daar was ’n tyd dat ek gedink het ek gaan dit nie maak nie.”

Ruiters sê sy lewensreis was nie sonder uitdagings nie.

Hy vertel tydens rehearsal het hy ’n krapperigheid in sy keel gevoel. Die dokter het toe ontdek ’n klier veroorsaak dit. As gevolg daarvan kon hy vir drie jaar nie sing nie.

“Dit het my hard getref, want sang is my lewe.

“Maar dit het my ook nader aan God getrek en ek het God gevra om my gesond te maak.”

Ruiters wil nou met sy musiek ’n verskil maak. Hy hoop om deur sy musiek verlore siele te bereik.

“In die tyd dat ek in isolasie was, het ek ook my stem weer gevind. Daarvoor is ek dankbaar en ek dank net my Skepper.”

Die 38-jarige is tans in die aanbiddingspan by die Lofdal-gemeente in Kraaifontein. Hy spot: “Almal ken my as Mister Release The Sound. Ek voel ek is geroep om die klank van die Here te verkondig.”

Hy voeg by dis belangrik om in onsekere tye op aarde die hemelklanke te release om lewens te verander.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters