2 maande gelede
Robyn reik vorentoe met haar nuwe song
Robyn Africa  ~ Verskaf

SY BEWEEG vorentoe in die lewe.

Dís hoe die 32-jarige Robyn Africa voel met haar nuwe enkelsnit “Moving Forward”.

“Dié song gaan oor om te vergeet wat agter jou is en jou uit te strek na dit wat voorlê en die goeie beloftes wat die Here vir jou het. Dis wat ek doen.”

Robyn het in 2006 aan Garlan­dale Sekondêr gematrikuleer en in 2007 toerisme aan die Boston Kollege studeer. Sy werk deesdae as besprekingsagent in die toerismebedryf.

Dinge was nie vir haar maklik nie.

Haar inspirasie is haar vierjarige dogter, Mila, maar Robyn vertel sy het ná die geboorte aan depressie gely.

Sy vertel: “Dit was vir my moeilik om met haar te connect.

“Ek het egter een aand in die kerk net alles in die Here se hande gelaat en daarna het ek stadig die pad na genesing en oorwinning begin.”

Robyn kyk vandag met nuwe oë na haar dogter.

Die twee geniet dit om tyd saam deur te bring en om saam met haar ouers te ontspan.

Gevul met inspirasie en motivering werk sy nou ook aan haar nuwe EP, Same God, wat sy hoop om in Augustus uit te reik.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters