2 maande gelede
Radio-omroeper sê God kan wonderwerke doen
Geseënd: Eugene Toorn, sê sy vrou, Aldene, en hul seun, Gabriel (3), is sy inspirasie.  ~ Verskaf

VAN ’n skaam outjie tot ’n CCFM-radio-omroeper.

Eugene Toorn (42) van Manenberg woon deesdae in Belhar saam met sy vrou, Aldene (29), en hul seun, Gabriel (3).

Dié omroeper is steeds opgewonde om die hoop en lig in vandag se onsekere tye te wees. Hy vertel dat die uitsaai-gogga hom gebyt het toe hy by die ateljees gaan kuier het.

“Ek was op skool ’n baie skaam outjie, maar my selfversekering het verbeter deur by die jeug betrokke te wees.”

Oorwin

Eugene is ’n MC en voer onderhoude op radio. Hy vertel dat God vir hom in sy corona-stryd wonderbaarlik deurgekom het.

“Ek is so dankbaar dat ek Covid oorwin het. Dinge het so baie verander met die pandemie en ons moes vinnig aangepas het by die nuwe normaal.

“Dis net die hand van die Here wat ons deurdra. Aan Sy liefde is daar geen einde nie. Om elke dag op te staan en ’n werk te hê, is ’n blessing.”

“Ek weet dis moeilik, maar hou aan God se beloftes vas. Hy kan wonderwerke doen.

“Almal op die aarde is met ’n doel geskape en wanneer jy in gehoorsaamheid wandel, sal dinge in plek val.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters