4 maande gelede
Phillipine opgewonde oor haar nuwe liedjie
Phillipine Morkel  ~ Foto Verskaf

“ELKE lied wat ek skryf, word geïnspireer deur die Heilige Gees.”

Só vertel die gospelsangeres Phillipine Morkel van Eersterivier wat vanjaar 26 jaar in die bediening vier.

“In die grendeltyd het ek die lied ‘Laat Ons Opgaan’ geskryf. Hoewel die kerke toe was, het dit later sin gemaak toe die kerke weer oopgegaan het.”

Phillipine wei uit oor die lied: “Dis ’n bewusmaking dat ons harte steeds brandend moet bly om nie ons onderlinge byeenkoms te versuim nie, hoewel ons vir ’n lang tydperk inhuisig was.”

Sy is nie net ’n sangeres nie, sy is ook ’n skrywer. Phillipine het die boek Die Borsel, Spieël en Aandseën geskryf.

“Dit vat my terug na my kinderjare in my geboorteplek, Somerset-Wes, toe ek as kind voor die spieël met ’n borsel in my hand gesing het vir my denkbeeldige gehoor,” onthou sy.

“Dit was ’n droom wat later ’n werklikheid in my lewe kom word het.

“Aandseën het plaasgevind wanneer my pa ons as familie elke aand bymekaar sou roep om dan vir ons uit die Bybel te lees, die boodskap te bring en te bid.

“In my eie bediening pluk ek vandag die vrugte van my daddy se aandseën.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters