2 maande gelede
Pastoor se dryfkrag is God, familie en mense
Kevin Booysenfoto verskaf  ~ 

KEVIN Booysen, skrywer en leier van die gewilde gospel-groep Dumisani van Mitchells Plain, het onlangs sy boek Deurbraak 2 bekend gestel.

“Hierdie is my tweede van die Deurbraak-boeke wat die finansiële beginsels uit God se Woord bestudeer,” sê Booysen.

“Die pandemie het die gospel-bedryf hard geslaan. In die grendeltyd het baie mense finansieel vasgeval, ek ingesluit. As ek die situasie beskou en ek steek hand in eie boesem, dan’s dit duidelik dat die krisis my onkant betrap het.”

Hy sê die boek was ’n eye-opener vir hom en hy het ook deur ander se lesse geleer.

“Die hele lockdown is ’n tyd van introspeksie. Die meeste mense het hierdie tyd finan­siële frustrasies as gevolg van swak finansiële beginsels.”

Booysen sê hy het in hierdie tyd besef dat jy nie jou talente en gawes onder die maatemmer moet wegsteek nie.

“Soos my liefde vir skryf. Selfs ook my gemeenskapspligte,” vertel hy.

Dié pastoor geniet dit om in sy gemeenskap – waar hul kerk is – vir kinders van hulp te wees.

Hul voedingskema voorsien talle kinders in hierdie tyd van voedsel.

Booysen se dryfkrag is God, familie en gemeenskap.

Dít is hoe hy sy lewe leef.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters