7 maande gelede
Paasfees is familietyd
SULKE TYD: Jonathan Rubain en ds. Farren Watt smile.  ~ Foto Verskaf

MUSIEK bring ’n element wat nie altyd deur ’n preek gebring kan word nie.

Só vertel ds. Farren Watt van die VGK Lambertsbaai.

Musiek is vir haar ’n integrale deel van enige diens, veral spesiale dienste soos Paasfees.

Die gospelsangers Jonathan Rubain en Jezreah Neethling van The Jesus Collec­tive stem saam.

Jonathan verduidelik musiek help mense om dieper te connect met die gebeurtenis van die Paasnaweek.

“Musiek gee die toon aan vir aanbidding in dié tyd,” laat hoor Jez.

Watt voeg by dat Paasfees vir haar ’n tyd van introspeksie is, terwyl Jonathan en Jez albei die voorreg waardeer om te vier dat Jesus Christus sy lewe vir ons opgeoffer het.

Saamtrekke

Jonathan, gospelsanger en die aanbieder van Koortjies op kykNET, sê: “Ek hou ook van die feit dat families bymekaarkom om tyd saam deur te bring.

“In die besige wêreld waarin ons ons bevind, is dit belangrik om tyd te maak vir familie.”

Vir Jez is haar gunsteling-herinnering oor Paasfees as kind die saamtrekke wat jaarliks gehou is.

“Ons sou saamkom, saam eet en saam bid.”

Al is Watt deesdae ’n dominee, het sy as kind nooit werklik Paasfees verstaan soos wat sy dit vandag verstaan nie.

“Ek onthou chocolate en baie kerrievis. Maar in besonders onthou ek ons familietyd. Iets wat nou só skaars is,” vertel Watt.

Nie net het Jonathan nog nooit pickled fish probeer maak nie, hy kook ook glad nie.

“Ek love pickled fish,” sê Jonathan. “Ek love ook snoek, maar ek bly eerder weg van dit probeer maak.”

“Ongelukkig is dié dominee nie gemaak­ om in die kombuis te staan of voor die stoof nie,” vertel Watt.

“Die Here het geweet Hy moes my seën met ’n gemeente wat baie mooi na hul dominee kyk.

“So, nee. Ek kan nie pickled fish maak nie.”

Sy skerts: “Miskien in die verre toekoms ...”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters