2 maande gelede
Oud-onderwyser en ontwerper inspireer
Marlene Meyer  ~ Foto Verskaf

“EK AANVAAR alles gelate en murmureer oor niks.”

Dís die leuse van die ontwerper en afgetrede onderwyseres – die eksentrieke Mar­lene Meyer (62) van George.

Meyer was ’n onnie by Hibernia Primêre Skool terwyl sy haar oorlede man en ma versorg het.

Dinge het in ’n stadium só sleg gegaan, sy moes haar boetiek vir tieners, Teentique, sluit om haar man en ma te versorg.

Sy sê haar geloof is ’n persoonlike, intieme verhouding met God.

“Met alles wat tot op hede met my gebeur het, sien ek die Hand en die teenwoordigheid van God.

“Deur dit alles het ek vir my kinders gesê: Leef jul lewens­droom.”

Meyer se hart klop warm vir haar leerders, want elke jaar maak sy matriekrokke en selfs dié wat dit nie so breed het nie, word gehelp.

By die skool het hulle een jaar deelgeneem aan ’n kompetisie wat aangebied is deur die departement van waterwese.

Meyer se skool het ’n gedig, “Drops from Heaven”, geskryf wat voorgelees is. Haar skool is toe aangewys as die wen-skool en het weggestap met 25 toegeruste rekenaars.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters