Verlede maand
Onthou, die Here is altyd in beheer
POSITIEWE PERSOON: Brandon Moses gee bemoediging.  ~ Foto Verskaf

“MY DEURBRAAK het gekom die dag toe ek standpunt ingeneem het en nie meer toegelaat het dat die vyand my vreugde steel nie,” vertel Brandon Moses.

Maar die dag toe hy sy lewe aan die Here wy, het daar ’n groot verandering in sy lewe plaasgevind.

“As jy weet wie jy in Christus Jesus is, sal jy nie beweeg word deur jou omstandighede nie, maar jou vertroue is in die Here, want sy Woord is betroubaar.

“Dit was moeilik in die grendeltyd, want ek het regdeur gewerk. Daar was tye van ongemak en vrees, maar die Here sê mos ons is tot alles in staat deur Hom wat ons krag gee.

“Die Here kan jou grootste frustrasies in oorwinnings verander. Deur moeilike tye is die Here my rots en bergvesting en Hy sal jou lei na ’n veilige hawe.

“Ek het in die grendeltyd geleer hoe jy jou familie moet waardeer. Die planne wat die Here vir jou het, is ’n hoopvolle toekoms.

“My dryfkrag en inspirasie elke dag is my dogter. Haar glimlag en liefde dra my deur en is my bron van krag.

“Weet altyd God is in beheer van jou lewe.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters