25 dae gelede
Nuwe single maak die Here se naam groot
DANKBAAR: Peter Solomons het sy nuwe single, “Great Are You, Lord”, uitgereik.  ~ Foto Verskaf

PETER Solomons het onlangs sy nuwe single, “Great Are You, Lord”, uitgereik.

Die gospelsanger sê die Here se genade en barmhartigheid is groot.

“Ons ervaar dit veral nou in die tyd van die pandemie.

“Ek het die Here­ bevraagteken en gevra oor die situasie in die wêreld, maar die Here het geantwoord en gesê Hy is steeds in beheer en sal getrou bly aan sy beloftes.”

Die sanger wei uit: “Al is jou omstandighede hóé moeilik, moet jy weet dat elke probleem ’n vervaldatum het.”

Solomons sê hy is dankbaar om in diens van die Here te wees en ’n verskil te maak.

“Die lewe is so kort. Kom laat ons die tyd uitkoop. Daar is so baie siele wat verlore is en ons enigste hoop is Jesus.

“Ek wil nie eendag voor die Here staan en besef ek het tyd gemors nie.

“So, dis baie beter om in gehoorsaamheid te wandel, want die koms van die Here is naby.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters