Verlede maand
Nadat haar eerste baba dood is, het sy opgestaan
Bramwill en Jaydine Prince  ~ Foto Verskaf

NÁ DIE seer kom maak die Here alles weer mooi op sy tyd...

Só vertel Jaydine Prince.

“Ek’s dankbaar vir my gesondheid, my man, Bramwill, en my familie en vriende wat waarlik omgee in tye van nood,” sê sy.

In Augustus laas jaar het hulle hul eerste baba aan die dood afgestaan.

“Ek het mense blameer en wou weet waarom dit met ons gebeur het. Ek het gedink die Here straf my. Dit het my gebreek, maar ook gebou en ’n sterker vrou het anderkant uitgekom.

“Ek verstaan nou wat dit is om geloof te hê soos ’n mosterdsaadjie.

“My boodskap van hoop aan elke vrou is: Hou goeie moed en wees sterk, want jy sal in die stryd oorwin,” sê Jaydine.

“My versekering in die lewe is dat God ons onvoorwaardelik liefhet.”

In daai tawwe tyd was Jaydine baie bewus van God se teenwoordigheid.

“Sy genade is vir ons genoeg en aan sy liefde is daar geen einde nie.

“Staan op en jy kan oorbegin.

“Vandag stap ek en my man in oorwinning en in God se tyd maak Hy weer alles mooi...”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters