Verlede maand
Ná meer as 10 jaar is haar album reg
TYD: Nathali Rayners het meer as ’n dekade aan haar album gewerk wat nou uitgereik word.  ~ Foto Verskaf

“DIE Here is altyd daar en sal ons nooit verlaat nie.”

Só sê Nathali Rayners, ’n gospelsangeres van Ravensmead, oor haar dankbaarheid dat God haar gebruik om Sy werk te doen en verlore siele te lei.

“Ten spyte van my gestremdheid staan niks in my pad nie.”

Nathali sê sy is tot alles in staat deur die Here wat haar krag gee. Sy het onlangs ’n album opgeneem, met Winston Moses as producer. Daaris altesaam 11 liedjies op die CD.

“Ek het in die grendeltyd geleer ons kan niks op ons eie doen nie en om altyd die aangesig van die Here te soek. Ek werk al 12 jaar aan die album, maar dit was die moeite werd.

“God het my karakter gebou en nou is die regte tyd hiervoor.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters