16 dae gelede
’n Spontane halleluja lei tot splinternuwe Scarlett single
VOL LOF: Jo Scarlett se pragtige nuwe single Breakthrough is onlangs uitgereik.  ~ Foto Verskaf

“EK IS dankbaar dat ek nog dié kant van die lewe is.”

Só sê die gospelsangeres Jo Scarlett van Mitchells Plain. Sy het pas die single Break­through uitgereik.

Sy vertel: “Ek werk by ’n retirement village. Ons het deur die hele grendeltyd gewerk en moes ekstra versigtig wees.

“Deur moeilike tye hou ek vas aan die Skrif, wat sê ‘(a)l sou die vyeboom nie bot nie [...] nogtans sal ek jubel in die Here’.

“Die Here het ons nie ’n gees van vrees gegee nie, maar van liefde, vrede en selfbeheersing. Te midde van die pandemie is dit net die groot genade van die Here wat my en my familie staande hou.

“My ma is in Plettenbergbaai en in die lockdown het ek weereens besef wat werklik belangrik is. My man en my kinders is my dryfkrag en ek is diep dankbaar vir die hand van die Here op my lewe.”

Oor die nuwe lied sê Scarlett: “Ek het net die woord ‘halleluja’ begin sing en gedink dit is iemand anders se lied.

“Ek het eers gaan seker maak en toe besluit om dit te record.”

Vir nog inligting, kontak Scarlett by 081 736 0937.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters