Verlede maand
’n Oorwinnaar
DANKBAAR: Charlton van der Westhuizen deel sy corona-virus-ervaring. foto verskaf  ~ 

‘EK IS dankbaar vir die kans wat die Here my gegee het om Covid-19 te oorwin.

Só sê past. Charlton van der Westhuizen van Kuils­rivier.

“Ek is so verheug dat die Here my lewe gespaar het.

“Daarom sal ek getuig van sy liefde. In die grendeltyd het ek kom leer om nie die lewe vanselfsprekend te aanvaar nie en meer tyd met jou familie te spandeer, want môre is nie gewaarborg nie.”

Hy sê dié wat hul hoop in Christus plaas, sal nie beskaamd staan nie.

“Ons moet die liefde van die Here uitleef in ons gemeenskappe en hoop bring.

Kosbaarder

“Ek weet vir seker dat die lewe nie in die hande van die mens is nie en dat jy elke oomblik dankbaar moet wees.

“Gedurende my siekte het ek besef die lewe is kosbaarder as enige besittings en rykdom en ek het gebid dat ek net moet gesond raak, want ek het aan my familie gedink.”

Hy is ’n lid van die Jesus Collective-uitreikspan en hulle het onlangs in Ashton, Robertson en Montague die evangelie van hoop aan inwoners gebring.

“Die inspirasie en dryfkrag in my lewe is die Woord van God, my vrou en kinders.

“Hulle moedig my aan om meer te doen as wat ek nou doen en dit is om ’n seën te wees oral waar ek gaan.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters