4 maande gelede
’n Album blom in grendeltyd
DRUK BESIG: Tim Feder­ het in die grendeltyd hard aan sy album gewerk.  ~ Foto Verskaf

‘MY GELOOF in God, veral in dié moeilike tye, het my weer laat besef hoe nodig ons die Here het.”

Só vertel die gospelsanger en musiekregisseur past. Tim Feder.

“Dit is my begeerte dat my musiek harte inspireer en ’n impak op nasies maak.”

Feder het in die grendeltyd sy album Speechless­ opgeneem en dit vroeër vandeesmaand uitgereik.

“Musikante soos Robbie Jansen, Richard Schilder, Joe Finn en my mentor, Alistair Andrews, het my geïnspireer.

“Hulle is legendes wat deur moeilike tye die toets deurstaan het.”

Aanneem

Die godsman het in Bridgetown in Athlone grootgeword.

“Ek het altyd gevoel ek is nie goed genoeg nie, maar toe ek die Here as my Saligmaker aanneem, het ek kom leer ek is wonderlik geformeer in God se oë.”

Die album bevat sewe instrumentale liedjies wat hy self geskryf en vervaardig het.

“Die musiek is onder moeilike omstandighede gebore waar my geloof so getoets is, veral in die grendeltyd.

“Dis musiek wat jou laat goed voel, asook geestelik inspireer en herinner aan die goedheid van die Here.

“Ek is so dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe.

“Ek het geleer om dit te waardeer.

“Daar is altyd lig aan die einde van ’n donker tonnel.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters