9 dae gelede
Muso deel single
ruben
Sing vir jesus: Ruben Davids het sy nuutste single, “Kan die Here Jou Vertrou”, uitgereik.  ~  Foto verskaf

“EK IS dankbaar vir gesondheid en dat die Here my nog kan gebruik as sy mondstuk.”

Só vertel die gospelmusikant Ruben Davids van Macassar opgewonde oor sy nuutste single, “Kan die Here Jou Vertrou?”

“Die Here wil ons nader trek en dit kan selfs gebeur deur ’n daaglikse invulling van die Heilige Gees in ’n intieme verhouding met die Here.”

Hy vertel meer oor die maak van sy single: “Ek was so bevoorreg om saam met die talentvolle blinde klavierspeler Patrick Jack en die vervaardiger Clemens Mans in die studio te werk.”

Die sanger voeg by: “My inspirasie en dryfkrag elke dag is my seun, Rozben Davids. Ek is sy rolmodel na wie hy opkyk. Ek wil hom net die beste gee.

Verander

“My motto in die lewe is om die Here elke dag my middelpunt te maak.

“Sonder God is my lewe doelloos. As ons saamstaan en hande vat, kan ons die wêreld ’n beter plek maak, want gebed verander sake.

“Ek weet ook vir seker dat God ons toekoms in sy hande hou en alles sal ten goede meewerk vir dié wat die Here liefhet.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters