2 maande gelede
Moeilike tye word toe Peacock se inspirasie
Beter dae: Anna Joan Peacock is dankbaar vir God se onvoorwaardelike liefde.  ~ Verskaf

VIR Anna Joan Peacock is dit die onvoorwaardelike liefde van God wat haar deur donker dae dra.

Sy vertel: “Ná 18 jaar in ’n abusive huwelik kan ek nou in oorwinning stap.

“Dit is waarom ek die lied ‘Daarom Sal Ek Sing’ in Augustus verlede jaar uitgereik het.”

Die 51-jarige sê haar inspirasie vir die lied kom uit die moeilike tye wat sy moes deurmaak. “Dis net my liefdeslied vir God.

Besef

“Ek het alles probeer om my huwelik te red, maar my gewese man wou nie vir hulp gaan nie.”

Sy vertel hoe dit haar begin siek maak het.

“Ek het besef dat dinge gaan nie beter word nie en dit is toe ek besluit het om te loop.

“Ons is in Maart 2020 geskei en dit was die beste besluit vir my en ons 14-jarige seun.”

Die gr. 3-onderwyser van Kenmere Primêr in Kensington noem dat sy nou al ses jaar liedjies skryf.

“Weens finansies kon ek die single eers in Augustus uitreik. My seun, Joshua, doen ook die backing vocals daarop.”

Anna Joan sê haar motivering vir ander is om gefokus te bly en nooit toe te laat dat negatiewe opinies jou definieer nie.

“Hou moed en druk deur. God is altyd in beheer.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters