4 dae gelede
Mense kan hier hul eie, unieke stories vertel
BRING HOOP: Etienne en Hayley Goliath vertel onse mense se stories op Onse TV.  ~ Foto Verskaf

“ONS geloof is ons anker. Dit speel ’n baie groot rol in ons daaglikse lewe.”

Só vertel Etienne Goliath, die nuwe CEO van Onse TV in Mitchells Plain.

“Geloof wys die pad aan in donker tye, asook hoe ek my medemens behandel.”

Goliath en sy vrou, Hayley, vertel die Onse TV-kanaal is al drie jaar op die lug.

“Ons is opgewonde oor die nuwe dinge wat die Here doen by Onse TV. Eindelik is daar ’n kanaal wat onse mense se stories op hul unieke manier vertel,” sê hy.

“Ons is dankbaar vir die geleentheid wat ons kry en nou kan ons sorg dat ons stories gehoor en gesien word en dit nogal op TV.

“Die tyd het aangebreek dat ons ons stories vanuit óns perspektief vertel.”

Hy sê hulle gee God al die eer, lof en aanbidding vir die groot geleentheid om die gemeenskap van diens te wees.

Realiteit

“Saam kan ons die wen-span wees en daarom wil ons ’n beroep doen op die gemeenskappe om betrokke te raak en die verskil te wees.”

Hy sê ’n mens moet hard werk om jou drome ’n realiteit te maak.

“Niks val in jou skoot nie, maar met harde werk en toewyding kom sukses. My boodskap van hoop is – moet nooit jou drome opgee nie. Bly positief al hoor, sien of beleef jy wat ook al.”

  • Kyk gerus op StarSat op kanaal 462 na Onse TV.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters