Verlede maand
‘Meer as ’n verlengstuk’
ROLMODEL: Edna, ’n afgetrede predikantsvrou, deel ook haar verhaal in die boek.  ~ Foto Verskaf

PREDIKANTSVROU én Vrou in Eie Reg.

Dié week is ’n hartsverhaalbundel bekend gestel. Dit bestaan uit 3 dele en bevat 10 stories van afgetrede predikantsvroue, 8 van dienende predikantsvroue en 8 oor rolmodelle.

Ria Olivier van die Afrikaanse Taalraad skryf in haar voorwoord: “Die bundel bied ’n blik op die ryke ervaringslewe van ’n groep pastorievroue wat saam met hul eggenote medewerkers in God se akker was of steeds is.

“Die boek is ’n ryke bron van inspirasie vir jong en onervare pastorievroue wat geroep is om saam met hul eggenotes in gemeentes te dien.”

Dr. Llewellyn MacMaster, moderator van die VGK in Suider-Afrika se Kaapland-sinode, skryf: “Predikantsvroue het elk hul eie unieke gawes. Hulle is meer as net ’n verlengstuk van hul predikantman.

Bespreek

“Daar is wonderlike verhale waar die vrou hul gawes kon uitleef én stories van hoe predikantsvroue ongelukkig in vooropgestelde blikke gedruk is om bepaalde rolle te vervul.”

Hy sê die boek help mense om die rol van die predikantsvrou eerlik te bespreek.

“Mag dit nog vroue inspireer om ook hul storie te vertel.”

  • Bel 021 952 2151 vir nog besonderhede.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters