25 dae gelede
Lockdown bied aan onnie kans om ’n boek te skryf
Christian de Waal  ~ Foto Verskaf

DIE lockdown het hom ’n kans gegee om aan ’n boek te werk.

Die skrywer en onderwyser Christian de Waal van Mitchells Plain sê sy hart loop oor van dankbaarheid.

“Ek is so dankbaar dat ek steeds tydens die pandemie kan sorg vir my gesin en my ouers wat so ’n groot seën is. Baie mense het hul geliefdes verloor weens Covid-19 en daarom eer ek die Here vir Sy groot genade.

“Ek het in die grendeltyd kans gekry om te skryf aan my nuwe boek en ons beplan om dit in Junie uit te reik. Die boek, He-Boy & She-Girl, is geïnspireer deur my eerste boek, He-Man & She-Woman Rediscovered. Ek het ontdek hoeveel vroue en mans in hul kinderjare nie behoorlik mentorskap en leiding gehad het nie.

“Ek het dus die behoefte gevoel om ’n weergawe van die eerste boek te skryf wat vir adolessente is.”

Hy sê die boek is belangrik omdat ons meer jeugdiges te midde van die pandemie aan bendes en dwelmmisbruik verloor. Hy wil ’n persentasie van die inkomste uit die boek gebruik om behoeftiges met skooldrag te help.

De Waal sê dit is sy harts­begeerte om ’n mentorskapprogram vir leerders te begin.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters