11 dae gelede
Lied uitgereik wat uit skrywer se pyn spruit
SING SAAM: Die gospelgroep New Life Music se single, “My Redder, My Skuilplek”, is hier.  ~ Foto Verskaf

DIE gospelgroep New Life Music het pas hul eerste sin­gle, “My Redder, My Skuilplek”, uitgereik.

Dié groep is 2010 begin toe jong mense ’n behoefte gehad het om hulself deur musiek te bemagtig en ’n positiewe bydrae tot hul gemeenskap te maak.

Petrus Thomas, een van die lede, sê hy het die lied geskryf toe hy ’n uitdaging in die lewe ervaar het.

“In 2017 het ek deur ’n moeilike tyd gegaan en dis tóé dat ek die lied neergepen het ek. Ek het besef die Here is my redding en rots en Hy alleen kan my deurdra.

“Dit het gevoel of almal hul rug op my gedraai het, maar toe ek na die Here roep, het Hy die uitkoms gegee.”

Die gospelsanger Leclue Sonday van Graaff-Reinet sê dit was ’n groot voorreg om die lead-sanger vir hierdie lied te wees.

“Ek is dankbaar vir die geleentheid. Dit was ook ’n voorreg om met die talentvolle producer Sharlton Leo en Marcus Pitie saam te werk.”

New Life Music voeg by hy beplan om later dié jaar of vroeg volgende jaar ’n volledige album uit te reik.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters