Verlede maand
Lewis organise lekker show met dress code
loOf GOD: Donald Lewis reël die event. foto verskaf  ~ 

VANJAAR was vir baie van ons ’n moeilike jaar. Vele het alles verloor en selfs geliefdes aan die dood afgestaan.

So vertel Donald Lewis.

“Ons wil saamkom en lof en dank aan die Here bring omdat ons nog lewe en ’n verskil kan maak,” sê Lewis.

Hy het ook Covid-19 gehad en is diep dankbaar dat die Here hom gespaar het.

Lewis wei uit dat niks ver­seker is nie en dat ons enigste hoop Jesus Christus is.

“Toe ek in nood was, het ek Hom geroep. Hy het my gehelp en nou wil ek die Here vereer.

“Hy alleen is my sterkte en helper. Toe alles wanhopig was, het die Here uitkoms gegee.

“In tye van benoudheid is die Here my hulp en skuilplek. Die vyand het ons hard gestamp, maar die Here­ het ons opgetel en herstel.”

Lewis organiseer ’n konsert om 17:00 op 13 Desember by Step Up Ministries in Eersterivier.

Past. Llewellyn Lewis, apostel Elbre Jacobs, Colin Mitchell, Varonica Meyer, Charlton Beyers en Kurt Coetzee gaan optree. Die MC is Jonathan van Balla. Die dress code is denim en wit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters