Verlede maand
‘Lewe op straat leer my die Here gaan ons hierdeur dra’
bemoedig: Gerald Julies se nuwe album, Psalm 91, is in September uitgereik. foto verskaf  ~ 

NÁ DIE dood van sy ma het Gerald Julies, deesdae ’n gospelsanger, op straat beland en koerante verkoop om te oorleef.

Julies, van Heidedal in Bloemfontein, het op die straat begin sing. Vandag begelei hy die koor en jeug by die House of Praise-kerk.

“Dinge by die huis was maar moeilik,” vertel hy. “Ek moes ’n ander heenkome vind.

“Later het ek by my suster gaan bly. Dit is hoe ek weer by die kerk uitgekom het.”

Julies sê sy nuwe album, Psalm 91, is baie gepas gedurende die pandemie.

“Die liedere bring groot vertroosting, veral vir diegene wat in dié tyd geliefdes verloor het. Die Here sal ons beskerm. In onseker tye gee Hy ons sy vrede. Wat ’n blye versekering!

“Die gospelsanger Joshua Jansen het vir my die lied ‘Sy Goedheid Duur vir Altyd’ geskryf en Lamar (13), my seun, sing dit.”

Hy voeg by: “Ek weet wat dit is om uit asblikke te leef.

“As ek dink hoe die Here by my was toe ek op die strate geslaap het, dan juig my siel, want Hy bly dieselfde. Hy sal ons deurdra in die tyd van die pandemie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters