3 maande gelede
‘Laat ons jeug opnuut die pad na vrede wys’
KOM ONDERSTEUN: Louie Fortune hou op 27 Februarie ’n opelugdiens in Kraaifontein.  ~ Foto Verskaf

DIE gospelsanger Louie For­tune van Kraaifontein sê dis tyd dat mense opstaan en hul gemeenskap beskerm.

“Ek kan nie stilsit en kyk hoe die euwels ons gemeenskap teister nie.

“Genoeg is genoeg! Laat ons saamstaan in gebed en die Here vertrou om ons land te genees.”

Fortune sê Kraaifontein is nie meer wat dit was nie.

“Dit was ’n rustige plek. Nou is ons gemeenskap ’n oorlogsone. Ons moet bid vir vrede.”

Hy vra dat die gemeenskap sy opelugdiens bywoon. “Ek as ’n gospelsanger het besluit om die kerke uit te nooi om die jeug opnuut die pad te wys na vrede en liefde vir mekaar.

“Ons moet leiding neem dat die jeug ’n positiewer uitkyk op die lewe kan kry.

“Christus Jesus is ons enigste hoop en bron van krag, veral in die tye waarin ons leef.”

Die opelugdiens vind op 27 Februarie by Watsonia Park (1st Park) in Kraaifontein plaas.

Die gaskunstenaars sluit past. Sam Bam, Godfrey Williams, Henry Goodwin, Randall Williams, Phillip Maarman asook Andy Petersen in.

Alle Covid-19-reëls sal in plek wees, so moenie jou masker vergeet nie!

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters