Verlede jaar
KYK: Esau is vol moed
engelstem: Die gospelsangeres Remalia Esau gaan optree. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE gospelsangeres Remalia Esau van Ceres sê toe sy depressief was, het sy na die Here geroep.

“Hy het my gered en my gebroke hart genees. Hy het my gesalf om die blye boodskap aan ander met gebroke harte te bring,” verduidelik Esau.

Esau is bekend vir haar song “Roep sy Naam”,wat volgens haar baie gebroke huwelike en verlore siele nader aan die Here gebring het.

“Ek sou nooit kon dink dat die lied só baie lewens diep sou raak nie. Orals waar ek reis in die land, het die lied nuwe hoop gebring.”

Esau sê sy is baie opgewonde oor die komende konsert, waarin sy hulde wil bring aan haar oorlede pa.

Oorwin

“Elke keer wanneer ek die liedere sing waarvan hy gehou het, word ek diep geraak in my gees.”

Haar gunsteling-Bybelvers is: As jy na my stem luister en alles doen wat ek jou sê, sal ek jou vyande en teenstanders oorwin.

“Vir elke vrou wat in haar laagtes is, stel jou in ’n gunstige posisie voor God om ’n diep werk in jou te doen,” sê sy.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters