Verlede jaar
Krista sing vir die Here
Talent: Die sangeres Krista Jonas gaan in Northpine optree. FOTO VERSKAF  ~ 

DIS hoog tyd dat ons pragtige land terugkeer na God.

Só meen die sangeres Krista Jonas van Mitchells Plain.

“Die geweld in die land maak my siek en nou is die tyd dat ons moet saamstaan en uitpraat,” sê sy.

“Ek is so opgewonde om deel te hê aan die Healing Worship Experience.”

Dié show vind by die Pentecostal Christian Church in Rosetteweg, in Northpine, Kraaifontein, plaas.

“Ek kan nie wag om daar te gaan sing tot eer van die Here nie, want Hy het groot wonders in my lewe kom doen.

“Gospelmusiek spreek diep tot die siel en dit bring genesing.”

Wat abuse betref, sê sy: “Ek voel ons moet ophou stilbly, want die abuse gaan aan in ons huise.”

Craig Pienaar van Divine Pur­pose gaan ook optree. Hy sê Jesus is steeds die antwoord vir Suid-Afrika se probleme.

“Ons moet programme begin om die gemeenskappe weer te herinner aan naasteliefde.

“Die Here se koms is naby. Ons gaan eendag moet rekenskap gee vir ál ons dade hier op aarde.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters