Verlede maand
Konsert ‘ongelooflik’
kunstenaars: Elwira Standili, Carlo Abrahams, Charisma Hanekam en Leo dos Santos skitter by die konsert. foto’s verskaf  ~ 

“AS DIT nie vir die ge­nade van die Here was nie, weet ek nie waar ek vandag sou wees nie.”

Só vertel die Uitenhaagse gospelsangeres Delivia Sampies, wat die afgelope naweek by die Healing Worship Experience in Pacaltsdorp, George, opgetree het.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring en mense se lewens is verander en aangeraak deur die werking van die Heilige Gees. In die grendeltyd het ek die belangrikheid van familie kom leer en dat daar krag in gebed is.

Geduldig

“Nou is die tyd dat ons as gelowiges hande vat en saam bid en die Here vertrou soos nog nooit vantevore nie, veral met die pandemie.”

Sampies glo die Here sal die land genees as ons ons verootmoedig voor Hom.

“Dis nie altyd maklik om te wag op die Here nie, maar ek het geleer om geduldig te wees, want op die regte tyd sal die Here deurkom.”

Sampies sê verder die Here is haar rots en bergvesting, ’n skuilplek in tye van benoudheid.

Charmone Gertse, een van die konsertgangers, sê: “Sondagaand is my lewe verander in die teenwoordigheid van die Here.

“Ek en my vriende het ál die pad van Groot-Brakrivier en Friemersheim gekom en ek moet sê – dit was die moeite werd.

“My lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

“Dit was ’n ongelooflike ervaring by die Healing Worship Experience.

“My hart jubel en my beker loop oor van vreugde.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters