25 dae gelede
Kom geniet musiek van Pinksteraand
GOUE STEM: Leeanne Rensberg tree ook op.  ~ Foto Verskaf

DIE Salt & Light International Ministries-kerk in Kraaifontein is baie opgewonde oor sy eerste konsert.

Só vertel die herder, past. Jakes de Wee.

“Ons as gemeente het tydens die grendeltyd met kospakkies en geestelike werk uitgereik in die gemeenskap.

“Die nood is groot en ons glo deur die liefde van die Here kan ons land genees word – én as ons erken dat ons níks sonder die Here in ons lewe is nie.”

Dissipels

Past. De Wee wei uit die gebed in hul harte is Jesus kan nog verlos en bekering is die antwoord in hierdie krisistyd.

“Die Woord sê: Gaan dan heen en maak dissipels van alle nasies.

“Dit is ’n opdrag waarin ons glo.”

Hy sê die seun van God het hom kom verlos en daarom wil hulle getuig van die wonderlike Here wat ons enigste hoop is.

Salt & Light International Ministries bied môre ’n Pinksteraand aan. Dit begin 18:00. Van die kunstenaars wat optree, is Raafieq Jansen, Chloe Raubenheimer, Jacquin Koopman, Jerimia Hansen, Nicole Arendse en Leeanne Rensberg.

Die Pinksteraand vind by die Calvary Baptist Church in Elsiesrivier plaas en kaartjies kos R50.

Kontak past. De Wee gerus by 063 314 1266 of apostel Benjamin Petersen by 079 710 9618.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters