Verlede maand
Kom aanbid saam
GEE TERUG: Gavin Gaby reël ’n aand van aanbidding op 1 November.  ~ Foto Verskaf

“AANBIDDING is die hart van God en nóú is die tyd dat ons die Here in gees en waarheid aanbid.”

Só glo Gavin Gaby van die Paarl oor die aand van aanbidding wat hy reël.

Gaby en kie. gaan liedere gaan sing wat baie harte diep gaan raak.

“Ek is so dankbaar dat die Here ons deurgedra het deur die grendeltyd. Dit alles is genade.

“Die volk gaan ten gronde weens ’n gebrek aan kennis en in hierdie dae wil die Here ons nader trek en ons as ’n land genees. Ons gaan almal deur ons stryde en probleme en dis nie altyd maklik nie, maar die Here gee krag.”

Kaartjies

Intimate Worship vind 18:00 op 1 November 2020 by die Old Mill Theatre in die Paarl plaas. Kaartjies kos R120.

Kunstenaars wat gaan optree, is Trevino Smith, Wilfred Vyfer, Lizelle Williams, Deonechia Kilowan en Alicia Thomas.

Bel Gaby by 079 481 8310 vir nog inligting.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters