9 maande gelede
Kies positiewe en regte vriende, sê Eugene
DROOM GROOT: Die radio-omroeper Eugene Toorn met sy juweelstem.  ~ Foto Verskaf

“GOD is goed. Alles gebeur met ’n rede en dinge gaan beter raak.”

Só glo die radio-omroeper Eugene Toorn van CCFM wat die luisteraars elke Sondagaand bedien met die evangelie van Christus.

“Ek kan nie glo dat ek 18 jaar betrokke is by radio nie. Daardie tyd het ek myself opgeneem op ’n kasset en toe het ek ’n uitnodiging gekry as ’n luisteraar.

“Die een radio-joggie kon dit nie maak nie en ek het ingestaan. En soos hulle sê, die res is history.

“Wat vir my groot vreugde bring, is die jeug wat ’n verskil maak en hulle drive en lus vir die lewe.

Inspirasie

“Ek het dit so geniet dat ek nou nog op radio is.

“Die dryfkrag in my lewe is my familie – hulle is my inspirasie. En leiers soos pastoor Alvin Olivier, Nelson Mandela en my vriend Clinton Small.

“Dit bring vir my groot vreugde as mense hulle drome waar maak te midde van groot uitdagings.”

Toorn wei verder uit dit is belangrik dat jy jouself met positiewe mense omring en jou vriende reg kies.

“In tye van benoudheid, wees vasberade. Plaas jou vertroue in die Woord van God, wat nooit teleurstel nie.”

Gospelkunstenaars wie se musiek vir Eugene ’n inspirasie is, is Dr Tumi, Wilmot Fredericks, Travis Greene, Mary Mary, Neville D en Charisma Hanekam.

“Werk hard, droom groot en gaan vir goud. Glo in jouself. Jy is tot alles in staat deur die Here wat vir jou die krag gee.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters