3 maande gelede
John opgewonde oor nuwe single
MUSIEKMAN: John Snyman het onlangs sy nuwe single, “You Are Good”, uitgereik.  ~ Foto Verskaf

SONDAE by John Snyman (37) se ouma en oupa se huis het hy altyd die klanke van die Gaithers gehoor.

Die sanger van Bellville het in Ravensmead grootgeword en hy is opgewonde oor sy nuutste single, “You Are Good”.

“Dit was so ’n voorreg om met die talentvolle musiekregisseur Mark Benjamin en Jeremy Bailey in die ateljee te werk.

“Die lied is geïnspireer deur die Here, wat altyd so goed vir ons is. Dis sy guns wat my nog altyd dra,” vertel Snyman.

Oor sy grootwordjare sê hy: “Ek onthou as my ouma huis skoongemaak of kos gekook het, het ons altyd gesange gesing en dáár het my liefde vir gospelmusiek begin.

Kole

“My oupa het my geleer kitaar speel en was my rolmodel en daarvoor sal ek vir ewig dankbaar wees.”

As Snyman nie optree nie, gaan hy en sy vrou, Liezel (45), graag op uitstappies of gooi ’n vleisie oor die kole saam met hul seun, Ethan (3).

“Dis ook vir my lekker om terug te ploeg in my gemeenskap, waar ek Maandae tot Donderdae kitaarlesse vir die jeug aanbied. Dit bring my baie vreugde om ’n blessing te wees.

“Ons help nie mense omdat ons baie het nie, maar uit liefde deur die inspirasie van die Heilige Gees wat ons krag gee.”

Hy bemoedig die volk verder: “God se goedheid hang nie af van hoe goed of sleg ons is nie, maar dat Hy goed en getrou bly. Sy liefde, guns en krag inspireer my elke dag.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters