Verlede maand
Jeugwerker nooi almal om God saam te loof
Gurshwin Damons  ~ Foto Verskaf

ALLES in die lewe gebeur met ’n doel en die rede is net aan God bekend.

Só vertel die jeugwerker Gurshwin Damons van George.

“Ons moet ons geloof sterk hou in die Here, ons enigste anker, veral in die tyd waarin ons nou leef,” sê hy.

Damons sê as ons gefokus en hoopvol bly, sal alles uiteindelik uitwerk volgens God se plan met ons lewe.

“Ek is so dankbaar vir my gesondheid en om nog te leef. Dis ’n bewys die Here het nog ’n plan met my lewe.

“Daarom sê die Woord gehoorsaamheid is beter as offerandes. Hy sê sy gunstelingvers in die Bybel is Spreuke 1 vers 10: “As die sondaars jou wil verlei, moenie inwillig nie.”

Damons vertel sy dryfkrag en inspirasie is sy moeder, Esra, wat hom elke dag aanmoedig om altyd sy beste te doen vir die werk van die Here.

“Christus is ons enigste hoop vir ’n verlore wêreld.”

Pinkster News Ministries bied 19:00 op 29 en 30 Oktober op sy Facebook-blad ’n Praise and Worship­ Expe­rience aan.

Damons, wat die host is, Henoline Gordon en Chester Fisch beloof om van hierdie event ’n onvergeet­like een te maak.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters