3 maande gelede
Jesus genees my en baba, sê Reece
GODSVROU: Die gospelsangeres Reece Pienaar sê haar dryfkrag en inspirasie is haar God, Jesus Christus.foto: Heinrich Persens  ~ 

“EK WEET vir seker Jesus leef.

“As jy deur ’n stryd gaan, kom dit nie in ’n vorm of tyd wat jy verwag nie, maar Hy gaan deurkom vir jou.”

Só gesels die gospelsangeres Reece Pienaar van Ravensmead.

Haar liefde vir gospelmusiek het in haar ouerhuis begin.

“Op ’n jong ouderdom was musiek deel van ons daaglikse huishouding,” laat hoor sy.

Reece (30) vertel verlede jaar het haar lewe geheel en al verander toe sy haar in die hospitaal bevind het toe sy ses maande swanger was.

“Ek is gediagnoseer met Covid-19. Dit was net die hand van die Here wat my en my babaseun bewaar en genees het.

Roeping

“In hierdie grendeltyd het ek geleer dat die lewe kort is en dat ons mekaar moet waardeer.

“Ek dank God vir ’n tweede kans, want dit kon só anders gewees het en ek het nog ’n roeping wat ek moet uitleef op aarde.”

As Reece nie besig is met optredes nie, dan ontspan sy met haar familie en vind sielsgoed in kosbare tye saam.

Reece het laas jaar haar eie haarsalon begin.

Sy werk van die huis af waar sy vroue bemagtig en ook geestelik bedien.

Die mooie sangeres bemoedig verder: “My dryfkrag en inspirasie is my God, Jesus Christus.

“Ek lewe voluit vir Hom en my familie is die dryfkrag­ en inspirasie elke dag.”

Reece voeg by: “Soek eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid en ál hierdie dinge sal bygevoeg word.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters