Verlede maand
Jesus Collective sien uit na konsert
TREE OP: Ntokozo Mbambo is een van die gaskunstenaars.  ~ Facebook

DIE Jesus Collective-span is baie opgewonde oor hul konsert wat vir die eerste keer live op twee kanale op dieselfde tyd uitgesaai gaan word.

So vertel die leier, Hilton Petersen.

“Ons vertrou die Here dat families ’n seën sal ontvang deur die lof en aanbidding wat deur verskillende bekende top-gospelkunstenaars gelewer gaan word.

“Ons glo in ’n onveranderende God wat enige situasie kan verander.

“Dit kan egter slegs gebeur wanneer ons saam as die liggaam van Christus in aanbidding hande vat. Dan sal God die land genees.

“Te midde die onsekere tye waarin ons ons bevind, bly die Here se beloftes nog dieselfde.”

Optree

The Jesus Collective-konsert vind op 28 November om 20:00-22:00 by die Hillsong-kerk plaas.

Dit gaan ook regstreeks op die groep se Facebook-blad en YouTube-kanaal uitgesaai word.

Van die ander kunstenaars wat by die konsert gaan optree, is Loyiso Bala, Spencer Kennedy, Varonica Meyer, Ntokozo Mbambo en Don Vino Prins.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters