2 maande gelede
Jantjies vind bemoediging
Bemoedig: David Jantjies glo dit is nou tyd vir nuwe musiek. foto verskaf  ~ 

DAAR moet soms na die belangriker dinge in die lewe gekyk word en dan moet ons dankbaar wees vir alles van kos op die tafel tot ’n dak oor ons kop.

Dís die siening van die gospelsanger David Jantjies van Macassar.

Hy vertel: “Dit gaan woes daar buite en daarom moet ons dankbaar wees vir dit wat nog saak maak.”

David het twee jaar gelede sy single “Ek sal Jubel” uitgereik. Dis ’n liedjie wat geïnspireer is om mense te laat goed voel en vreugde in moeilike tye te vind.

“God is steeds in beheer en wanneer ons stil word, stry God vir ons. As Hy praat, moet ons luister, want sy plan is perfek.”

Moedeloos

David vertel hy vind ook bemoediging dat hy elke oggend kan opstaan, sy selfoon kan oopmaak en soveel boodskappe lees van mense wat vertel hoe sy musiek hulle raak.

“Maar ons word ook moedeloos,” bieg hy, “want ons is ook net mens.

“Tog is dit die moeite werd as jy selfs net één persoon kan bemoedig.”

David geniet dit ook om tyd saam met sy familie deur te bring.

Hy noem ook dat hy reeds begin dink aan nuwe songs.

“Ek is die tipe sanger wat sal stil wees vir jare en nie musiek sal uitbring net om current te bly nie. As ek niks het om te sê deur my musiek nie, bly ek net stil.

“Maar wanneer ek baie het om te sê, dan deel ek dit en bemoedig ander.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters