9 dae gelede
Here dra ma deur die heel diepste hartseer
BEMOEDIG: Shalane Hay­wood sê die genade van die Here is groot.  ~ Foto Verskaf

IN TYE van nood en hartseer is die Here Shalane Haywood se skuilplek en hoop.

Dié gospelsangeres ken hartseer. Nie net moes sy in Augustus haar babadogter aan die dood afstaan nie; sy moes ook Covid-19 oorkom.

Haywood sê dit was nie maklik nie, maar die genadehand van die Here is groot.

“Die liefde van die Here is elke oggend nuut. Ons is tot alles in staat deur die Here wat ons krag gee. My man en my kinders, Xolton, Hayden en Connor, is my inspirasie. Hulle dra my elke dag.

“In die tyd van nood het my nuwe lied, ‘Gracious God’, my so bedien. Ek waardeer ook ten diepste die ondersteuning van my familie en vriende.

“Ek het geleer in tye van nood moet ons na die Here hardloop, want God is ons sterkte, toevlug en enigste hoop.

“Ek weet nie Here het nog ’n doel met my lewe, want ek is steeds hier. Ek sal Hom loof met alles wat in my is, want Hy bly so getrou.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters