26 dae gelede
Henrico glo in God se beloftes
KREATIEF: Henrico Michaels het onlangs die single “Blessing in You” geskryf.  ~ Foto Verskaf

HY STAAN dalk gedurende die week as onnie voor ’n klaskamer, maar Henrico Michaels is ook ’n gospelsanger.

Dié boorling van Upington is ’n onderwyser by Kenmere Primêr in Kensington in Kaapstad.

Henrico vertel: “Ek is dankbaar dat ek in ’n streng Christelike huis grootgeword het.

“Dit het my veral die laaste paar maande gedra om te weet God is my anker en hoop.”

Henrico vertel dat sy pa altyd die saxofoon gespeel het en dan sou hy, sy ma en susters die singwerk doen.

Waardeer

“Huisgodsdiens het uitgesterf en daarom is ek dankbaar dat ek vroeg in my lewe die Here aangeneem het.

“In die Noord-Kaap was ek betrokke by ’n groep, Friendz, en ons het sommer oral opgetree.

“Dit was in die lockdown dat ek net weer besef het hoe kort die lewe is, om familie te waardeer en om vir vandag te leef, want môre is nie verseker nie.”

Henrico het onlangs die single “Blessing in You” geskryf.

“Ek het dit geskryf, want God se belofte is ja en amen.

“Toe ek in my lewe begin verklaar dat God se seëninge klaar in my opgesluit is, het dit begin wys.

“Soos jy glo, so sal dit wees en daarom het ek die lied geskryf.”

Hy voeg by dat dit ook ’n voorreg was om te werk met die musiekregisseur Marco Stephens en Family Har­mony, wat sy agtergrond­sangers was.

“Vir elke jong mens wil ek bemoedig dat God wakker staan agter sy woord.

“Elke belofte wat Hy beloof het, dit sal Hy doen.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters