18 dae gelede
Hendrik glo jy moet geleenthede self skep
gelowig: Hendrik Ewerts werk tans by Rand Water in Potchefstroom.foto verskaf  ~ 

HENDRIK Ewerts (36) is gebore en getoë op ’n plaas naby Waboomskraal, Geelhoutboom en Diepkloof.

Vandag deur die genade van die Here spog hy met ’n graad in plant- en dierkunde wat hy in 2005 aan die Noordwes-Universiteit verwerf het.

“Met ’n positiewe ingesteldheid kan jy jou drome verwesenlik en met harde werk word jou drome waar.”

Ewerts wei verder uit sy geloof is aan die hand van Paulus se siening.

“Ek beskou geloof as die onsigbare werklikheid en teenwoordigheid van God in my lewe, sy seun Jesus of die Koninkryk wat tans in die hemel regeer.

“Ek wil hiermee verduidelik al kan ek nie met fisieke oë sien nie, weet ek en ervaar ek die wonderlike gawes uit God se kragtige hand wat my lewe stuur en beheer in so ’n mate wat vir myself en ander onverklaarbaar sal voorkom.”

Hy voeg by: “Ek moet erkenning gee my loopbaan tot op hede is deur geloof saamgestel.

“Moenie wag vir geleent­hede nie, soek en skep dit.

“Jy hoef nie die slagoffer van jou omstandighede te wees nie.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters