Verlede maand
Gustaviano: Soek die Here
ONDERSTEUNING: Gustaviano Appels sê sy ouma Hendricka Appels inspireer hom.  ~ Foto Verskaf

“DIE Covid-19-pandemie het almal onkant betrap en almal moes leer aanpas en dinge anders doen.”

Só vertel Gustaviano Appels van Borcherds in George.

Die 18-jarige het in die onlangse skoolvakansie by die plaaslike begraafplaas gewerk om geld te verdien wat hy gaan gebruik vir sy skoolfonds.

Appels sê sy ouma Hendricka Appels is sy inspirasie.

Hy voeg by gebed dra hom deur moeilike tye.

“My gunsteling-Bybelvers is: ‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my die krag gee.’

“Omdat ek by die begraafplaas werk, is dit hartseer om te sien hoe die dood families in hierdie tyd verskeur.”

Gustaviano is tans die enigste broodwinner in sy gesin en sê: “Dit is wonderlik om steeds te sien hoe die Here elke keer vir ons deurkom.”

Hartsbegeerte

Hy voeg by: “Die behoefte in ons gemeenskap is ook so groot.”

Die matriekleerder noem dis sy hartsbegeerte om ná matriek ’n verkeerskonstabel te word en sy gemeenskap te dien.

Gustaviano motiveer ander jong mense met die woorde: “Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is, want die tye waarin ons leef, is boos.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters