Verlede maand
Groot drome uit klein dorpie
vol geloof: Shaun Titus tree later dié maand in ’n Pinkster-konsert in Swellendam op. foto verskaf  ~ 

HY IS ’n boorling van die klein dorpie Napier, maar het groot drome.

Só vertel Shaun Titus, ’n gospelsanger en deesdae inwoner van Swellendam.

Ten spyte van talle uitdagings pluk hy vandag die vrugte van sy harde werk.

Hy verduidelik: “Ek het in 2008 in ’n put van depressie verval toe my pa ons as gesin net so agtergelaat het.

“Dit was moeilik, maar danksy gebede, die ondersteuning van die familie en vriende en die genade van bo het ons daardeur gekom.”

Studiebeurs

Shaun kon weens ’n gebrek aan geld nie verder gaan studeer nie.

Hy het eers ’n jaar as kelner gewerk en só studiegeld bymekaargemaak.

Shaun vertel: “Ek kon darem twee jaar ná matriek ’n studiebeurs kry.

“Vandag kan ek met trots terugkyk en net die Here loof.

“Daar is geen verskoning in die lewe om nie bo jou omstandighede uit te styg nie.

“Dit kort net harde werk en toewyding.”

Shaun sal op Menseregtedag later hierdie maand saam met ander plaaslike kunstenaars in ’n Pinkster-konsert in Swellendam optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters