17 dae gelede
Groep skyn lig op hoop
VOL LOF: Die lede van die Ronald Bailey Project is opgewonde oor hul nuwe lied.  ~ Foto Verskaf

DIE lede van die Ronald Bailey Project­ van Elsiesrivier is opgewonde om hulle nuutste single, “Hy Maak ’n Weg”, uit te reik.

Ronald Bailey, die groepleier, sê met dié lied wil hulle die gemeenskap hoop gee.

“In donker tye is die Here ons lig. Die Here is in staat om vir jou ’n weg te maak.”

Hy sê die lede kom uit moeilike omstandighede, maar dis ’n bewys dit maak nie saak waarvandaan jy kom nie – jy kan uitstyg en die beste van jou lewe maak.

“In die moeilike tye is die Here ons hoop en ons is dankbaar dat Hy ons deurgedra het, want dis alles net Sy Genade.”

Hy sê Jeremia 29:11 bemoedig hom altyd.

“Die planne wat God vir ons het, is dié van ’n hoopvolle toekoms. Sy gedagtes is dié van vrede en nie onheil nie.

Aanraak

“So, al kom wat ook al op jou pad, weet dat die Here ons toekoms in Sy hande hou. Die lockdown het my laat besef dis die klein dinge in die lewe wat tel en ons moet mekaar waardeer.

“Die genade van die Here is genoeg en ek is dankbaar dat ons musiek ander se harte kan aanraak.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters