Verlede maand
Groep loof en dank
DING GAAN RUK: DiĆ© kwaai gaskunstenaars tree almal op.  ~ Foto Verskaf

‘ONS is dankbaar teenoor die Here dat Hy ons deurgedra het.”

Só vertel Hilton Petersen, leier van The Jesus Collective. Hy sê hulle as groep gaan die Here loof en prys wat die land deur Covid-19 gedra het.

“Ons gaan in eenheid die Here lof en aanbidding gee.”

Petersen sê verskeie gospelsangers gaan môre die verhoog deel en die nasie aan die brand sing en inspireer.

Hy sê daar is baie mense wat hulp nodig het in die wêreld. Dan gee talle hul beste om uit te reik en ’n verskil te maak.

“Elke keer as ek sien hoe mense bo moeilike omstandighede uitstyg, dan skiet my hart vol dankbaarheid en dit inspireer my.”

Petersen sê ons lees in die boek Amos hoe die Israeliete hulle op ’n moeilike plek bevind het.

Heel

“Hulle was moedeloos en op ’n donker plek. Daarmee saam was hulle geestelik arm en sonder hoop.

“Maar dan kom die Here aan die einde van Amos met die boodskap van hoop en sê: ‘My kinders, hou moed.

“ ‘Ek gaan dit wat geknak is, heelmaak. Ek gaan dit wat afgebreek is, weer heel maak.’

“Die Here gaan die volk seën, die uitkoms is naby. Die herstel en oorvloed is hier.”

Petersen sê: “My dryfkrag is om te weet wat God se doel met my lewe is as vriend, pa en broer in Christus.”

Hy vertel die show Os Ga Saamtrek word Saterdag 26 September van 18:00 live op die Facebook-blad van The Jesus Collec­tive uitgesaai. Dis gratis om in te skakel.

Loyiso Bala, Hlengiwe Ntombela, Khaya Mthethwa, Varonica Meyer, Spencer J. Kennedy en Don Vino gaan optree.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters